1 reviews | Active since Jun 2017
Very Bad Service
<p>Pam Golding Umtentweni south coast branch</p> <p>Ons het getrek na n nuwe huurhuis toe 31ste mei, agentskap het gese die huis is dadelik beskikbaar. 2 dae voor ons moes intrek se die eienaar van Pam Golding die eienaar vereis dat die krag en water op ons as huurders se naam moet gesit word omrede die vorige huurders nie krag en water betaal het nie en is n stewige agterstallige rekening op water en krag en die eienaar weier om dit te betaal. ons het toe nie daai oordrag fooi nie en ons se toe dat hy die ****rak moet kanseleer want ons kan nie daai fooi bekostig nie, toe se hy nee ons moet nie bekommer nie. die agent en huis eienaar besluit toe om n dag voor ons moet intrek n prepaid meter in te sit, dis eskom krag. ons sit huidiglik al vir 7 dae sonder krag, moes by die bure gaan vra om van ons vleis te bere. Van die goed moes ek weg gooi. kan nie bad nie, kan nie wasgoed was nie, moet klein goedjies met my hand was. Die goed wil ook nie lekker droog nie. kinders moet in koue water was, kan nie kos kook nie, ons moet take aways koop met geld wat ons nie tans het nie om te kan eet want ons het n elektriese stoof (dorp is n ent van ons af) so dis ekstra brandstof om in die aand te ry vir kos. eskom kan nie die krag aansit voordat die rekening ten volle betaal is nie, het ook gehoor die prepaid boks is nie dadelik geregistreer nie(probleem le glo by eskom) die agent se hy is nie verantwoordelik om krag aan te sit en ons kostes te dra nie en sy hande is afgekap hy se ook die ****rak is tussen ons en eienaar hy is net daar om huur te ontvang, maar hy het vir die eienaar gese om ons persoonlik te s***el en stem nie saam nie omdat sy die agentskap gekry het om alles te hanteer. Hy vra n R400 admin fooi maar ek moes amper al my airtime op hom uitbel om te hoor van die krag en om terugvoering te kry. Die agent het nog nie eenkeer gebel en gevra of ons reg is of iets waarmee hy kan help nie. dis donker in die aand hier dis ook gevaarlik. Hy wou ons nie laat intrek voor ons nie huur betaal het nie. Ons het nie gebudget het vir ekstra kos/take aways nie. intussen sukkel ons vreeslik. As ons nou moet trek gaan ons weer kostes moet betaal vir n trailor ens, ons het die kostes so laag as moontlik probeer hou met die kos wat ons tot huidig gekoop het vir aandete. Die krag is 6/06/2017 hier by 4:00 aangesit en dit was aan vir baie kort rukkie, daar was net 5 eenhede op die boksie, ons het rond gery om krag te soek om te koop maar was onsuksesvol want die krag boks is nie geregistreer nie, so die krag het afgegaan en is nogsteeds af. ek het kos op die stoof gehad met die hoop dat ons ordentlike kos sou eet vir die aand. Die eienaar van Pam golding umtentweni kzn het gese ons moet nie eskom bel en "rock the boat" nie want hulle is deur hel om die boks in te sit en die krag aan te kry. Wel dit was net paar minute aan en ons is die mense wat in hierdie hel lewe op die stadium. Ek en my dogtertjie van 3 jaar oud is al siek omdat die eienaar verwag ons moet in die aande by die bure gaan bad en dis koud.Dit is plein weg n verleentheid vir ons. Ons het niks met die bure te doen nie, ek huur nie by die bure nie. Ek is n IT tegnikus vir n groot firma en ons het n policy wat duidelik staat ons moet ten alle tye bitterlik netjies formele drag, geskeer ens by die werk wees omdat ons nie kan wasgoed was, ordentlik bad of krag het om selfone te charge nie, kan ek nie gaan werk nie en tans is ek by die huis op onbetaalde verlof en beloop die risiko om afgedank te word. Hoe verhuur Pam Golding n huis uit as hulle weet die krag is n probleem. Ons het Hoofkantoor gebel en n klag gelê en het net niks terugvoer ontvang van hulle nie. Daar word van ons gevra en verwag om asseblief net geduldig te wees en vas te byt met die dat die krag af is. Hoe doen n mens dit? Is dit Pam Golding se standaarde? Is dit aanvaarbaar vir Pam Golding om mense so te behandel?</p> <p> </p>
