1 reviews | Active since Jul 2013
COMMISSION THEFT
PG (Pam Golding) het in 2009 my huis probeer verkoop aan 'n Russiese koper met SA Burgerskap. Die koper het 'n R200,000.00 deposito as deposito en vooruitbetaalde huurgeld betaal. Die koper het geteken vir Roukoop, 'n nie-terugbetaalbare deposito en is verantwoordelik vir alle regskoste. Die koper sou ook 5.5% komissie aan PG betaal. LW, nie die Verkoper (ek) nie.
4 Dae nadat die deposito inbetaal was en ons die Oordragsdokumente moes teken, het die koper besluit om nie op te daag nie en die koop te kanselleer, omdat die Koper, met PG se wete, sonder my toestemming, my eiendom wou onder-verhuur. Genoemde onderverhuring het deur die mat geval en derhalwe het die Koper besluit om die koop te kanselleer.
Nadat alle pogings aangewend was om die koop af te dwing, het die Koper my na 6 maande gedagvaar om sy nie-terugbetaalbare Deposito, terug te kry. Ek was gedagvaar terwyl PG inderdaad met die deposito gesit het!
Na 'n hofstryd van bykans 8 jaar wat my R540,000.00 uit die sak gejaag het, het ek die saak gewen, met koste! PG daarenteen, vir wie ek gesoebat het, menige maal, om my finansieël te help met regskoste, het geweier, en ek moes my polisse en annuïte verpand om my regskoste te betaal!
Toe die saak aan my met koste toegestaan was, moes ek die Regskoste van die Koper ook betaal, omdat hy landuit gevlug het!!
PG wie se onkoste van hul mislukte poging om my huis te verkoop in 2009, was nie meer as R5,000.00 nie. Aldus die agent destyds!
Toe PG my deposito en huur met rente, van die deposito moes terugbetaal aan my prokureur, toe besluit PG om kommissie op die VOLLE KOOPSOM van my huis te vat! LW nie op die Deposito wat betaal was nie! My probleem met bg is dat PG die oorsaak was van: i Die mislukte transaksie ii PG geen eis teen die koper ingestel het nie iii PG se eis in elkgeval reeds sou verjaar het iv Ek nooit verantwoordelik was vir die betaal van komissie nie v PG my nie wou geld leen uit my eie deposito vir regskoste nie vi Ek waardevolle Polisse en Annuïteite moes inruil vir regskoste vii Dat PG komissie vat op die volle koopsom op 'n MISLUKTE TRANSAKSIE!!! Dis DIEFSTAL!!!!!???
Ek het navraag gedoen by PG se regsafdeling oor my komissie wat hul gesteel het, maar hul beloftes om terug te kom na my toe, is toe geïgnorer.
Intussen probeer PG om my huis te bemark vir 7 jaar al, maar doen NIKS! Hul verkies sagte teikens and EASY MONEY!
