1 reviews | Active since Sept 2015
Wees bewus van die kwaliteit van herstelwerk en premieverhogings
Ek het in September 2020 na Outsurance verander op advies van my kind, as ek luister na die "goeie" advertensies en omdat my bestaande premie by my versekering met 'n ongeluk vrye rekord vir baie jare onbillik hoog verhoog is. Outsurance het vir my wel 'n beter premie aangebied vir my motors maar sonder huishoudelike inhoud. Ek het op 14 April 2020 onbewustelik teen 'n randsteen vasgery in 'n parkeer ruimte in Sandton en die "Frontliner en Frontliner Extension" beskadig. Ek het 'n kwotasie by Mercedes handelaar (Silverlakes Accidental Repair Center) gekry vir oorspronklike Mercedes onderdele soos dit hoort, asook by Outsurance. Outsurance het nie eers die skade gesien nie maar gevra dat ek fotos moet stuur. Omdat die skade onder en aan die voorste modderskerm aan die motor was kon ek beswaarlik kwaliteit fotos neem. Outsurance se kwotasie was 50 % minder as die SARC kwotasie. Ek het die verskil opgevolg met Outsurance versekering wat my meegedeel het dat hulle spesiale ooreenkomste het met hulle vers******s, beter pryse kry vir onderdele en ook nie die Diagnostiese toets doen nie. Die eienaar ry maar met die motor en as daar later probleme ontstaan dan bring hulle dit terug en word die diagnostiese toets gedoen. As enkellopende vrou kan ek nie hiermee vereenselwig. My interpretasie van die ervaring is dat Outsurance pragtige advertensies het met verminderde paaiemente maar wanneer dit by herstel werk kom 'n mens baie versigitg moet wees vir die kwaliteit diens wat gelewer word. My persepsie is dat die assesor gedink het ek is 'n oningeligte ("dom") vrou en hulle met enige iets kan wegkom. Hulle het wel by 'n t****e kwotasie gegee wat nog steeds 35% minder as wat die handelaar sin was en ek het 'n uitbetaling verkies vir meer betroubare diens by die goedgekeurde handelaar met 'n substansiele bybetaling. My waarskuwing is die volgende aan voornemende kliente: 1. Wees versigitg vir hulle beloftes as dit by 'n eis kom dat oorspronklike onderdele en kwaliteit wel die prioriteit is. 'n Goed opgepaste ouer motor beteken nie noodwendig 'n swakker kwaliteit onderdeel. 2. Die swak terugvoer op die sosiale media opvolg van die vers****** waarheen Outsurance my gestuur het het my versigtig gemaak om my goed opgepaste motor soheentoe te neem. 3. Die verdere waarskuwing is om bewus te wees van dat die jaarlikse premie verhogings is 25%! Ek betaal nou meer as wat ek sou betaal het by my ou versekeraar met my huishoudelike inhoud ingesluit!
OUTsurance
OUTsurance
