1 reviews | Active since May 2015
UITSTEKENDE DIENS VANAF OUTSURANCE
Hiermee wil ek net graag my dank uitspreek teenoor Outsurance vir die uitstekende diens en bystand wat hul aan ons gelewer het tydens vloedskade by ons perseel in Randburg. Ek wil graag spesifiek my dankbaarheid uitspreek teenoor Nicky Bohmer wat aangestel is as projekbestuurder van Outsurance. Baie dankie vir die flinke manier waarop alle ****rakteurs gereel is om die taak voorhande so spoedig moontlik af te handel. Alle ****rakteurs was uiters bekwaam , hulpvaardig en vriendelik. In spesifiek wil ek graag die mense van Artisan Metalwork Studio bedank vir die uitstekende werk gelewer, voorwaar mense wat 'n ekstra myl sal stap. Outsurance, baie dankie - julle diens was ongelooflik!! Ek is jul ewig dankbaar.
