TF
Tash F

1 reviews | Active since May 2016

11 Apr 2025, 13:49

Uitstekende diens gelewer deur Launce Brits

Outsurance kan opreg trots wees op die uitstekende diens wat Launce Brits lewer.

Ek wil hier vir Launce baie dankie sè vir sy vriendelike en uitstekende diens vanoggend. Hy was baie gemaklik, geduldig, vriendelik & behulsaam. Dit was absoluut 'n plesier om met jou te deel. Jy is verseker 'n konsultant op wie Outsurance kan trots wees.

As 'n jare lange kliënt (ongeveer 26jaar) by Outsurance, kan ek met eerlikheid sè dat ek nog net altyd goeie diens van Outsurance ontvang het.

Baie dankie Outsurance vir die Afrikaanse konsultante wat diens aan ons Afrikaanse lede lewer.

0
Replies (1)
OUTsurance
OUTsurance's reply11 Apr 2025, 13:58
Official
Hallo Tash,

Dankie dat jy Launce geprys het vir sy uitstekende diens.

Ons is trots om hom in ons span te hê!

Groete,
Die OUTsurance Span