YVdW
Yolande Van der Watt

1 reviews | Active since Mar 2017

10 Jul 2023, 19:17

Traag reaksie met uitbetaling van eis.

Ek het 'n voertuig skade eis ingedien na 'n ****gat/sloot getref is tydens hewige swaar reen en storms op die paaie.

Op 20 Junie 2023 het ek alle foto's en kwotasies rakende skade ingedien soos versoek, en nou 3 weke later sukkel ek steeds om uitbetaling te kry vanaf Outsurance.

Die assessor wil slegs 1/3 (derde) van die eis uitbetaal, maar ek moes weke lank rond ry en kwotasies kry en ook duidelike bewyse en foto's lewer, net sodat Outsurance vir my sê hulle besluit wat hulle wil of lus het om uit te betaal.

Hoe werk dit?? Dab kan ek ook maar maandeliks besluit hoeveel ek wil of lus het om te betaal op my premie??

SWAK DIENS!

0
Replies (3)
OUTsurance
OUTsurance's reply13 Jul 2023, 16:28
Official
Hallo Yolande
 
Dankie vir jou terugvoering en die geleentheid wat jy ons gegun het om jou behulpsaam te wees.
 
Ons assessorsbestuurder, Yasin het jou ge****ak en laat weet dat die foto’s wat jy vir ons gestuur het, onvoldoende is om die validasie te finaliseer. Jy het ons intussen verwys na Forsmans wat onderneem het om die foto’s aan te stuur.
 
Sodra ons die ontvang het, sal ons die validasieproses kan finaliseer en verdere terugvoering te kan bied.
 
Groete
Die OUTsurance Span
YVdW
Yolande Van der Watt's update17 Jul 2023, 13:45
Reviewer Update
17 Julie 2023

Nog 'n week 'n later en steeds GEEN uitbetaling vanaf Outsurance ontvang.
YVdW
Yolande Van der Watt's update17 Jul 2023, 17:05
Reviewer Update
17 Julie @ 17h00

O nee wag, nou skielik word ek ge****ak en ingelig dat die assessor nou verder bespreek en besluit het dat Outsurance nie meer 1/3 gaan uitbetaal van die skade aan my voertuig nie, maar SLEGS 1/10!!!!

Hoe belaglik is dit??!!

So ek hoef seker dan nou van vandag af net 1/10 van my paaiement te betaal, want ek dink dis genoeg!!

PATETIES OUTSURANCE!!!!