1 reviews | Active since Jul 2017
Outsurance staan kop en skouers bo die res uit!
<p>Baie dankie aan Outsurance se puik diens op 'n Saterdag! Na vele gesukkel het ek verskeie pogings aangewend om versekering vir my dogter se kar te kry en epos op epos en foonoproepe het net 'n frustrasie veroorsaak en geen antwoorde gekry nie. Een sms en binne sekondes!!(regtig!) het Tiffany Oates my ges***el. Aan die sprankelende en uiters behulpsame vrou vol punte! Sy het my dadelik op my gemak gestel en al my vrae vinnig en akkuraat beantwoord. Gou het dit gevoel ek praat met 'n ou bekende en nie 'n vreemde verkoopskonsultant nie. Groot was my verbasing oor die dienste wat Outsurance my kan bied en toe ek die premie hoor was my verligting groot! Bekostigbaar(ver minder as van die kwotasies wat ek alreeds ontvang het!)en meer dienste! </p> <p>Aan Tiffany. Baie dankie vir jou puik diens en geduld met my vrae. En ook dankie dat jy sommer my gehelp het om my eie selfoon beter te verstaan en te gebruik tydens 'n oproep. </p> <p>Ek sal jou en Outsurance beslis aanbeveel by almal wat ek ken. </p> <p>Lonita Venter</p>
Tiffany jou uitmuntende diens maak ons baie trots!
Ons waardeer jou mooi kompliment en weet Tiffany sal in die wolke wees.
Welkom by OUTsurance!
Groete, Sarah
Tiffany jou uitmuntende diens maak ons baie trots!
Ons waardeer jou mooi kompliment en weet Tiffany sal in die wolke wees.
Welkom by OUTsurance!
Groete, Sarah
