AN
Attie N

1 reviews | Active since May 2019

14 May 2026, 12:55

Outsurance oneties en maak vals beloftes

Ek het 'n kwotasie aangevra omdat Outsurance so pertinent aanspraak maak daarop dat hulle jou premies kan verbeter. Dit met verwysing na die televisie advertensies asook die 100de telefoon oproepe wat ek ontvang het. En die belofte as hulle nie jou premie kan verbeter nie dan betaal hulle jou R500.00 en indien jy nie van jou huidige versekering geëis het vir 3 jaar nie, dan betaal hulle jou R1500.00. Wel Outsurance kon my nie 'n sent spaar nie, inteendeel hulle was meer as 100% duurder as die versekering wat ek tans het. Hulle kon nie eers naby die prys kom van my versekeing nie. En toe verskoning op verskoning en nog verskonings hoekom hulle nie R500 of R1500 in my geval by 2 verskillende versekerings maatskappye, die bedrag betaal nie. My bekommernis is dat hulle tans sit met AL my informasie, weet presies wat my bates is, waar ek bly, wat se sekuriteit ek het en as dit in die verkeerde mense se hande beland is ek verseker ban 'n inbraak. Hulle oproepe word mos opgeneem. En om versekering te skuif vat 8 minute. My oproep was langer as 2 ure. Op my motorfietse kon ek slegs een motorfiets verseker by Outsurance waar ek tans twee motorfietse verseker vir minder as wat hulle bied op een motorfiets. Wat die res betref het ek bewys gelewer dat ek minder betaal as wat hulle kwoteer maar geen R500 of R1500.00. Die persoon wat my gehelp het was darem redelik bekwaam maar wat my egter baie bekommerd maak is die onetiese kode wat hulle breek. HY vra hoeveel ek spandeer en ek het nie gesê nie. Soos die gesprek vorder en hy korting en korting en korting gee, hoe meer besef ek hoeveel ek sou verloor het as ek die eerste premie sou aanvaar het. Dit alleenlik dui op uitbeuiting en ek het met die dame van The Devi show gepraat om die insident waarvan ek die gesprek en kwotasie het, op nasionale tv te laat adverteer. Outsurance kon nie my premie verbeter nie. Outsurance het nie R500 of R1500 betaal soos hulle belowe nie. Outsurance is nie die oplossing nie want hulle tree oneties op. En min mense weet dit. Dis tyd dat dit op nationale en sosiale netwerke versprei word..

0
Replies (1)
OUTsurance
OUTsurance's reply14 May 2026, 13:06
Official
Goeie dag Attie,

Dankie vir jou terugvoering.

Ons bied ongelukkig nie altyd vir almal ‘n besparing nie, maar doen wel aan ‘n betekenisvolle gedeelte van kliente. 
Ons sal verseker nie onsself verleen tot vals advertensie nie. Ons hel al miljoene Rande t.o.v. hierdie advertensie-veldtog uitebtaal. 
Ons sal jou s***el in verband met die R500/R1500 promosie. 

Ons is jammer ons kon jou nie op hierdie stadium geld spaar nie.

Groete,
Die OUTsurance Span