SV
SUSAN V

1 reviews | Active since Mar 2022

09 Mar 2022, 09:32

Outsurance bo!

Vergun my asb om langs hierdie platform te vermeld van die uitstaande diens wat ons van Outsurance ontvang het: 'n Makelaar van Outsurance het per abuis foutiewe inligting aan ons deurgegee wat tot 'n dispuut gelei het. In die opneem van hierdie aangeleentheid het ons met Quinton Kruger kennis gemaak. Hy, in samewerking met sy span, het hierdie hele aangeleentheid ongelooflik professioneel gehanteer en uiteindelik in ons guns beklink. Die terugvoer en hantering van hierdie saak deur Quinton was uitsonderlik. Hy was uiters vriendelik, hulpvaardig, begrypend en het sy woord gestand gedoen. Deurgaans is ons op hoogte gehou van vordering en binne enkele dae was alles afgehandel. In 'n tyd waar dienslewering baie agteruitgegaan het en integriteit eintlik nie meer bestaan nie, was dit 'n hartsverblywende ervaring om diens op hierdie vlak te kon ervaar. "Hats off" vir Outsurance!

0
Replies (1)
OUTsurance
OUTsurance's reply11 Mar 2022, 13:43
Official
Dankie vir die positiewe terugvoer! Hierdie pragtige kompliment gaan Quinton se dag maak wanneer ons dit met hom deel! Quinton hou aan met die uitstekende diens, ons is trots om jou op ons span te he!

Groete,
Die OUTsurance span.