AR
Annie R

1 reviews | Active since Aug 2022

22 May 2023, 22:40

OUT SURANCE

Outsurance is seker een van die mees onprofessioneelste Versekerings maatskappye in Suid-Afrika. Ek was voorheen by 'n goeie maatskappy en het my toe 'n gat in die kop laat praat deur 'n vriend om na hulle te skuif. Baie mense het my gewaarsku dat hulle swak diens lewer en dat as dit kom by die uitbetaal van 'n eis hulle traag is om te betaal. Wel nou kan ek dit bevestig. Eerstens het my vorige makelaar bedank nog voor my eis geregistreer kon word. Die nuwe makelaar, Michael Blignaut, was so pateties en kon my nie eers help om my aanvanklike eis te finaliseer nie. Hulle is absoluut pateties. Ek moes langer as 'n maand sukkel om te hoor of hulle 'n eis gaan uit betaal. Weke gewag vir terug voer. My vorige makelaar het my verseker dat ek wel hierdie tipe eis kan instel. Al wat ek wou weet is of dit betaal sou word. Na 'n lang gesukkel moes ek net verneem dat my bybetaling BAIE hoër gaan wees as wat my skade was. Daarna het 'n ergerlike arrogante Kevin Rademeyer my gebel en gepressure om te kyk na 'n nuwe beter polis. Hulle bel jou om te sê iemand anders gaan jou bel om weereens te sê iemand anders van hul hoofkantoor gaan jou bel ens ens net om weer dae te wag vir dit. Indien hul jou wel bel praat die persoon aan die ander kant van die lyn so onhoorbaar hul kan dit netso wel maar los. Nadat ek verskeie kere gevra het ek stel nie meer belang in hul versekering nie, stuur asseblief vir my die kansellasie dokumente en stop my debiet order, kry ek nou uit die bloute nuwe dokumentasie met 'n baie hoër premie as wat ek kan bekostig en waarvoor ek nie eers toestemming gegee het nie. Hoe absoluut onprofessioneel kan hierdie mense mees. Maak asb seker om nie OUTSURANCE as versekeringsmaatskappy te gebruik nie.

0
Replies (1)
OUTsurance
OUTsurance's reply25 May 2023, 14:26
Official
Goeie dag Annie L, Dankie dat jy die aangeleentheid onder ons aandag gebring het.   Anri ons verkoopsbestuurder was in ****ak met jou en het jou bekommernisse aangespreek. Ons eiseafdeling het al by verskeie geleenthede probeer om jou te ****ak om jou eis te registreer maar ongelukkig kon hulle jou nie in die hande kry nie. Wanneer die skade minder as jou bybetaling is, is die kliënt verantwoordelik vir die kostes. Ons kan bevestig dat jou polis gekanselleer is. Ons vra omverskoning vir jou teleurstellende ervaring. Groete,Die OUTsurance Span