1 reviews | Active since Jul 2011
Onder valse voorwensels kwotasie laat aanvaar
Ek het vroeer vanjaar by Outsurance 'n kwotasie gevra nadat ek 'n nuwe voertuig gekoop het. Ek het spesifiek vir Accidental Breakage gevra en seker gemaak dat my man se bril verseker is, sowel as al my elektroniese huishoudelike items indien dit foutief is. Die persoon het my verseker dit is alles ingesluit by Accidental Breakage. Vroeer die week het my man gebel en gevra wat hom te doen staan as sy bril breek. Daar is toe aan hom gese die bril MOET gespesifiseer wees. Ek het vanoggend Outsurance ges***el om seker te maak wat onder Accidental Breakage by hulle verseker is. Die dame het my meegedeel dat dit slegs vir 'n TV, spieel en glas is. Andersins moet alles gespesifiseer wees. Outsurance het hierdie versekeringspolis aan my onder valse voorwensels verkoop!!! Dit is totaal onaanvaarbaar!! Ek sal mense aanbeveel om 2 keer te dink voordat u Outsurance as korttermyn versekeraars aan te stel!
