1 reviews | Active since Mar 2017
NIE GOEDGEKEURDE PANEELKLOPPERS
<p>Hiermee wens ek graag u mee te deel dat my polis gekansseller moet word met ingang 1 April 2017 - polisnr OT ********** 6. Die res van my polisse sal ek ook later kanselleer en so sal my hele familie en vriende ook kennis neem van hierdie saak. Die rede vir my kansellasie is dat ek nie langer vir Outsurance kan ondersteun as klient nie, my werkswinkel te Rosslyn, Irwing Auto Body, wat vir 3 jaar agtermekaar 'n 100% kliente tevredenheid sertifikaat ontvang het, is nie goed genoeg om voertuie van kliente van Outsurance te herstel nie. Dit is met baie groot teleurstelling dat ek moes uitvind na soveel jare, dat 'n voertuig wat by Outsurance verseker is, nie na 'n klient se bevrediging herstel mag word nie. 'n Sekere me Welgemoed se voertuig het toevallig verlede Vrydag (3 Maart 2017) by my geland, na 'n botsing, en 'n week later is 'n baie hartseer dame nogsteeds besig om te sukkel met Outsurance vir die herstel van haar voertuig wat absoluut onprofessioneel en onder hoogs verdenkte omstandighede, waarby bedrog betrokke is, tot op hede nie gefinaliseer is nie. Dus sal ek nie belangstel in 'n verdere verbandskap met Outsurance nie, aangesien ek nie enige van my voertuie na 'n minderwaardige paneelklopper sal stuur nie, soos reeds genoem, is ek nie goed genoeg vir die herstel van Outsurance se voeruite nie, dus is Outsurance ook nie goed vir my as 'n versekering of vir enige van my kennis nie. Graag wil ek dit ook onder jul aandag bring dat my eis ********** 83 nog nie gefinaliseer is, weereens as gevolg van onbevoegde personeel.</p>
Hallo Danie
Baie dankie vir ons gesprek sowel as die verdere geduld en begrip wat jy toon ten opsigte van jou eis.
Ons assessorsbestuurder sowel as assessor Jana gee tans aandag hieraan en ons beywer ons om jou eis so gou moontlik te finaliseer.
Ek het die ****akbesonderhede vir jou per e-pos aangestuur en Wesley sal jou dan ****ak na ontvangs van jou detail.
Groete
Dinky
Hallo Danie
Baie dankie vir ons gesprek sowel as die verdere geduld en begrip wat jy toon ten opsigte van jou eis.
Ons assessorsbestuurder sowel as assessor Jana gee tans aandag hieraan en ons beywer ons om jou eis so gou moontlik te finaliseer.
Ek het die ****akbesonderhede vir jou per e-pos aangestuur en Wesley sal jou dan ****ak na ontvangs van jou detail.
Groete
Dinky
