1 reviews | Active since Jun 2013
Hy het my vertroue in Outsurance terugewen
Ek wil graag onder u aandag bring dat Jaco sonder twyfel n aanwins vir Outsurance is. As hy nie leiding geneem het en die sloerende eis afgehandel het nie sou ek dalk steeds sonder voertuig en sonder antwoorde gesit het.
Jaco het van die dag wat hy my saak oorgeneem het onmiddelik met my ****ak gemaak, my bedien in Afrikaans en seker gemaak hy verstaan die hele saak sodat hy vir my akurate antwoorde en oplossings kon vind. My eis het amper n volle jaar geneem om afgehandel te word en dit was grootliks weens die vet kans wat Chako panelbeaters gevat het toe hulle prober die voertuig regmaak het. Nietemin was Jaco die een wat die nonsense op sy geskuif het en daadwerklik plan gemaak het om tot n slotsom te kom.
Jaco is n groot rede waarom ek besluit het om met my versekering by Outsurance aan te gaan. Hys n masiewe aanwins vir die besigheid en ek hoop hy kry die nodige erkening!
Vir al die ander wat deel was van hierdie eis was dit genoegsaam om te WAG en KYK wat gebeur. Jaco het GEDOEN en NIE gekyk nie.
Welgedaan Jaco jy het my baie trane en frustrasie verder gespaar!!!