JM
JJ M

1 reviews | Active since Oct 2015

23 Jul 2018, 18:33

Geen terugvoering...swak diens

Op 5 Junie het ek Outsurance ge****ak inv met n eis. Al die inligting is op dieselfde dag aangestuur na julle. Die konsultant is op 5 en weer op 6 Junie per epos en telefonies in kennis gestel dat die persoon verantwoordelik vir die ongeluk vir die skade gaan betaal en dat hy ook n Outsurance klient is. Die konsultant het gesê die versoek sal aangestuur word na die Eise afdeling om met die skuldige party te onderhandel. Op geen stadium het ons enige terugvoering van julle af gekry nie. Ek het paar keer n sms gestuur om ges***el te word om sodoende inligting te verkry. Weereens op 18 Julie het ek julle ge****ak vir terugvoering, was gesê dat julle dieselfde dag sou terug s***el, het eers dae later op 23 Julie n oproep gekry. Weke nadat die ongeluk aangemeld is het julle op 18 Julie gesê dat my outbonus terug geroep sal word omrede julle te laat in kennis gestel was dat die 3de party die skade gaan betaal en ook n outsurance klient is. Dit is absoluut onwaar. Die inligting was van dag een af vermeld, telefonies asook per epos. Dit is daarna ook aan verskeie konsultante genoem. Elke keer wat ek met iemand gepraat het was daar net gesê hulle verwys die saak weer na die Eise afd en dan hoor jy niks weer van julle af nie. Die diens is totaal onaanvaarbaar. As n motor eis so lank neem om uit tesorteer dan was dit beslis n fout van my kant om besigheid versekering by julle uit teneem.

0
Replies (1)
OUTsurance
OUTsurance's reply25 Jul 2018, 11:46
Official

Hallo mill9090

Ons neem jou hoegenaamd nie kwalik dat jy jou ongelukkigheid uitspreek nie!

Ons het gefouteer en jou ook nie op hoogte gehou nie. Aanvaar asseblief ons apologie vir die teleurstellende diens.

Ons regs-eisebestuurder was nou hiermee behulpsaam en ons bevestig jou OUTbonus is nie geaffekteer as gevolg van hierdie eis nie.

Baie dankie vir jou terugvoering en die geleentheid wat jy ons gebied het om die saak reg te stel.

Groete

Dinky