1 reviews | Active since May 2016

20 May 2016, 07:28

Fallen tree branch on my car...Outsurance? NEVER AGAIN!

Ek is glad nie gelukkig met hierdie eis nie. Toe ek Pienaar Paneelkloppers op 18.05.2016 gebel het om te hoor wat die skade op my kar is, het hulle my ingelig dis ongeveer R15 000. Daardie selfde dag bel iemand van Outsurance my en gee my opdrag om die registrasie dokumente en die "transfer of ownership" reg te hê vir wanneer hulle die kar kom haal. Stel jou asseblief my skok voor. Ewe skielik is die skade so te sê R10 000 meer, binne 'n kwessie van 'n paar uur. Nogsteeds dieselfde dag s***el iemand van PG Glass my en vra wanneer ek my kar bring om die voorruit te vervang. Vervang mens dan regtig 'n voorruit op 'n kar wat laat weet is is afgeskryf?

Dan laat weet jy my die paneelkloppers het "vergeet" om sekere items op die kwotasie in te sluit, dit is hoekom die skade meer is. So, met ander woorde, Pienaar Paneelkloppers se kwotasie moes onder IEMAND se oë gewees het om dit te kon bepaal. Jy sê vir my julle assessor het gladnie 'n kwotasie van Pienaar Paneelkloppers gekry nie en die assessor werk van fotos af. Toe ek die 18de Mei na Pienaar Paneelkloppers toe ry, oorhandig hulle vir my 'n kwotasie wat hulle my VERSEKER is volledig, en VERSEKER my dat dit die kwotasie is wat aangestuur is na Outsurance saam met die fotos, en dat dit die kwotasie van ±R15 000 is. Jy het gesê die assessor het GEEN kwotasie van die paneelkloppers ontvang nie, maar wel die fotos. Hoe op aarde is dit moontlik?

Die kere wat ek met makelaars te doen gehad het die afgelope week, het almal vir my gesê 'n assessor van 'n versekeringsmaatskappy is eerder veronderstel om die bedrag van die skade AF TE BRING, eerder as om dit te laai.

Ek is nie tevrede met jou assessor se bepaling van die skade nie. Ek vertrou nie die feit dat die skadebepaling van fotos af gedoen is nie, en ek dring aan dat 'n ander assessor (nie Rieyaad Omar nie asseblief) fisies na my voertuig kom kyk en 'n "re-assessment" doen. Van die "dome supports" soos in die assessor se ver**** genoem word het hoegenaamd GEEN skade nie, maar is ingesluit. Sekere ander items wat gelys is in die assessor se ver**** is nie eens deur Pienaar Paneelkloppers ingesluit nie. En 'n paneelklopper wat al vir dekades in die bedryf is behoort tog te weet wat alles nodig is. Ek sal eerder verwag dat die paneelkloppers die prys sal laai, as jou assessor.

Toe ek laat weet is om my kar na Pienaar Paneelkloppers toe te vat, het die dame vir my gesê daar is geen "assessment centre" naby my nie, nie in Lichtenburg nie en ook nie in Klerksdorp nie. Sy het vir my gesê die paneelkloppers se kwotasie sal dien as die 'assessment' ook. Julle oproepe word mos altyd vir kwaliteitsdoeleindes opgeneem, so jy kan terug na die opnames verwys hieroor.

Hier is te veel punte wat nie bymekaar kom nie, en vir die meer as R9000 wat ek al in my tydperk vir julle betaal het aan premies (sonder om al ooit by julle, of vorige instansies te eis) en die verspotte R6 290 of R26 630 (in die geval van afskrywe) wat julle my bied, vind ek Outsurance ontstellend en teleurstellend.

Laat weet my asseblief met 'n gepaste "way forward", sodat hierdie aangeleentheid afgehandel kan word en ek my versekering kan skuif. Verbeel jou my teleurstelling omdat ek, onder leiding van FNB, die huis wat ek koop ook nou nog by julle moet verseker.

0
Replies (1)
OUTsurance
OUTsurance's reply24 May 2016, 12:39
Official

Goeie dag

Ons waardeer jou terugvoering wat natuurlik ook kommerwekkend was. Jy het baie frustrasie beleef wat ons geen klient ooit toewens nie.

Ons assessorsbestuurder, Jaco was met jou in verbinding. Hy het verduidelik ons assessor het aanbeveel dat die diensvers****** eerder dak vervang as hestel, wat die verandering in die ver**** teweeg gebring het.

Ons is egter bly dat jy 'n kwotasie vir herstel van die dak kon kry. Ons het die betrokke dokumentasie aan jou gestuur en handel die eis vir jou af.

Ons wil weereens om verskoning vra vir die ervaring.

Groete

Dinky