CC
Corneda C

1 reviews | Active since Jul 2025

16 Jul 2025, 13:25

Ek was baie tevrede met die agent, Leedon du Preez se benadering by Outsurance

Ek was baie tevrede met die agent, Leedon du Preez se benadering by Outsurance. Hy was baie bekwaam in sy aanbieding/optrede teenoor my as kliënt. Hy het my stap vir stap verduidelik in my eie moedertaal wat hul vir my kan aanbied aangaande my gebou, inhoud en motorversekering. Hy was vriendelik, beleef en geduldig en gereeld gevra of ek enige vrae het. Ek het vir hom genoem dat ek nog vir n kwotasie wag vanaf Santamversekering en hy het gevra of hy my later weer kan ****ak. Ek het vir hom gesê dat hy my 15:00 kan s***el, wat hy toe gedoen het. Ek het my polis by hom uitgeneem en is tevrede met die premie, aangesien ek n pensioenaris is met n beperkte inkomste. Baie dankie. Vriendelike groete. Corneda de Goede

0
Replies (1)
OUTsurance
OUTsurance's reply16 Jul 2025, 13:39
Official
Hello Corneda,

Welcome to the OUTsurance family,

Thank you so much for your testimony to our service! 

Added to this, we sincerely appreciate your loyal and continued support.

Regards
The OUTsurance Team