HH
Hester H

1 reviews | Active since Sept 2026

11 Sept 2026, 11:32

Ek het die verkoopsman by Suzuki gevra oor versekering en 'n persoon van Outsurance het my gebel

Ek het die verkoopsman by Suzuki gevra oor versekering en 'n persoon van Outsurance het my gebel. Ek het gevra of daar nie iemand is wat my in Afrikaans kan help nie en hy het gesê dat iemand my sal terug bel. (Dis gewoonlik hoe ek van lastige bellers ontslae raak) Kort daarna het Nadia my gebel - ook maar goed, want ek het baie vrae gehad waarmee ek in Engels sou gesjkkel het en sy kon beantwoord. En tjop-tjop was ek verseker vir baie minder as wat ek verwag het. Baie dankie Outsurance!

0
Replies (1)
OUTsurance
OUTsurance's reply11 Sept 2026, 11:35
Official
Hallo Hester,

Jou vriendelike woorde van lof is bemoedigend en sal die wêreld vir die span beteken!

Kudos aan Suzuki a vir die sekerstelling dat jy vinnig gehelp is en vir jou gemoedsrus die hele tyd.

Baie dankie vir jou getuienis oor ons diens!

Ons waardeer jou wonderlike reaksie op die diens wat jy ontvang het.

Groete,
Die OUTsurance Span.