1 reviews | Active since Oct 2022
Dreigemente/Beledigings (Genoeg is Genoeg)
Ek't vandag my polis na jare by Outsurance gekanselleer want hul raak belaglik met die maandelikse premies en bybetalings.
As beurtkrag enige iets in my huis seer maak moet ek byna R5 000 hoes in bybetalings, as iets in die huis per ongeluk breek is dit R2 500 in bybetalings.
Maar wag, dit word erger. Die vink wat my polis moes kanselleer tune my weet jy dis my eie skuld my premie gaan op want ek maak hul nie genoeg geld nie. Hy lees vir my wat ek in totaal al in versekering betaal het, en wat hulle al moes uitbetaal. Dis nie groot syfers nie, maar sy intensie was duidelik in my hele vier of vyf jaar by Outsurance het ek skaars my foon afbetaal wat hulle moes uitbetaal het twee jaar terug toe ek aangehou en met vuurwapens en messe beroof was in die strate van Hatfield.
Soos ek sal verwag, "skuus bra jy's aangehou met 'n geweer flip" - maar hulle is van "um, ons het al meer geld aan jou uitbetaal as wat jy aan ons betaal het so jy is nie 'n winsgewende kliënte nie bly langer dat ons ons geld kan kry"
Agnee, tjom, ek's dankbaar my tyd by jul kom tot 'n einde einde van die maand.
En hoor my ****, moet my nie eers probeer ****ak ooit weer vir versekering by julle nie. Nie nou nie, nie môre nie, nie in 2041 nie. Al die kliënte wat ek na jul toe gesleep het deur die jare vir jul bekostigbare premies en eishantering sal ek saam my sleep Virseker toe.
Dankie, tot siens. 😘
Baie dankie vir jou terugvoering.
Ons het na die betrokke oproep geluister en moet jou om verskoning vra vir die ongemaklike gesprek wat jy met ons adviseur gehad het. Die hersiening is wel bespreek, maar die tydrowende gesprek het beslis onnodige aspekte opgelewer wat onprofessioneel was.
Ons bevindinge word met die adviseur bespreek.
Aangesien ons genoop was om bybetalings vir beurtkrag-skade en weerligskade te verhoog, en dit nie te kan hersien nie, verstaan ons dat jy jou polis by ons gekanselleer het.
Ons wens jou alles van die beste vir die toekoms toe.
Groete
Die OUTsurance Span