1 reviews | Active since Jul 2011
Bybetaling?
Vir wie dit mag aangaan: Ek het pas 'n oproep ontvang dat ek 'n bybetaling het op 'n eis (eis no:***) wat ek vroe?r die maand ingedien het oor my motor wiele wat gesny was, dis 'n maand terug. NOU niemand kan verstaan dat op AL die fakture wat ek ontvang het, staan daar GEEN bybetaling nie!! Dus is ek onder die indruk geplaas dat ek niks hoef by te betaal vir die bande nie. Ek verstaan dat daar wel op my polis 'n bybetaling van R1060 is indien nodig as die assesor dit so kwoteer. Wat niemand tans by Outsurance verstaan nie is dat ek fakture het wat s? geen bybetaling. en hoekom het die paneelklopper dan my motor aan my terug besorg indien ek iets moes betaal het.... nou wat nog meer my die harnas in jaag is die feit dat die een persoon waarmee ek eerste gepraat het vanoggend vir my noem my polis gaan aangepas word indien ek nie betaal en die volgende persoon noem ek moet die eis kanseleer en die paneelklopper self gaan betaal. Nou hoe nou as daar oorspronklik ges? is geen bybetaling nie en die assesor asook die paneelkloppers se faktuur wys geen bybetaling nie, en skielik na 'n maand word ek ges***el en ges? die paneelklopper het die fout gemaak???
