ME
Mariette E

1 reviews | Active since Dec 2018

13 Jan 2026, 09:43

BELAGLIKE OUTSURANCE EIS OFFER

Weerlig het TV uitgeslaan 8 Januarie 2026. Het versekering by Outsurance waar jy altyd iets uitkry!!!🤣 Het ʼn Surge Protector op DB Board asook Ellies TV Safe Protector. Bybetaling is R5440.00 Ons is pensionarisse 65 jaar en premie is op datum. Polis afgelope 18 jaar met min/geen eise rekord. Uitbetaling vir TV R1450.00!!!!!🙊 EK IS VERONDERSTEL OM IN DIESELFDE POSISIE TE WEES AS VOOR DIE SKADE. Jul advertensies op TV walg my want dit is NIE die waarheid nie. Indien mens eerlik is word jy behandel soos ʼn *****. Verplig jul kliënte om oneerlike eise te registreer met jul belaglike houding? EK HOOR GRAAG VAN OUTSURANCE WAAR MENS ALTYD IETS UITKRY🤣🤣🤣

0
Replies (1)
OUTsurance
OUTsurance's reply15 Jan 2026, 15:15
Official
Goeie dag Mariette,

Dankie dat jy die aangeleentheid onder ons aandag gebring het. 

Slindile, ons eiesebestuurder was met jou in verbinding. Sy het die bybetaling met jou bespreek en sy het die bybetaling vir hiedie eis verminder. 

Jammer oor jou ervaring.

Groete,
Die OUTsurance Span