DB
Deidre B

1 reviews | Active since Jul 2018

05 Jul 2018, 15:48

baie swak diens

Ek is teleurgesteld in Outsurance wat heeltyd adverteer hulle sal R400 aan jou oorbetaal as hulle nie jou huidige premie kan verbeter nie. Op 7 Mei het n konsultant my gebel en die beste premie wat hy my kon bied is nogsteeds R500 duurder as my huidige premie by Bowlink. Hulle het belowe om vir my n link te stuur sodat n betaling gedoen kan word. Ek wag nou nog. Ek het intussen hulle self al n klomp kere ge****ak en steeds het nog niemand opgevolg met n epos nie. As jy op die website gaan soek na n epos is daar nerens een te vinde nie. Ek het selfs die call center gebel en gevra vir epos of iemand om hierdie saak vir my op te los. hulle het vir my die volgende epos gegee op die 21 Junie ********** en nogsteeds het ek niks terug gehoor nie.

Dit wil vir my voorkom dat Outsurance dit verseker wil vermei dat hulle my die geld moet uitbetaal.

Ek wat vroeer jare by Outsurance gewees en later oorgegaan na Browlink waar ek baie tevrede is om met my persoonlike makelaar te kan werk. Hy sorteer alles blits vinnig uit en boonop baie goedkoper is as Outsurance waar ek geen diens ontvang het nie.

0
Replies (1)
OUTsurance
OUTsurance's reply11 Jul 2018, 14:56
Official

Goeie dag,

Refilwe ons promosiebestuurder was in verbinding met jou en die R400 is in jou rekenaar inbetaal.

Jammer vir die ongerief.

Dankie,

Kelvin