1 reviews | Active since Sept 2017
Werker pleeg bedrog en nou moet die kliënt verloor!!
My man het 'n kas by Ouhout N1 bestel en moes 'n deposito betaal van R2000. Die verkoopsman het nie 'n kwitansie gehad nie en daarom het my man sy eie kwitansie boek gebruik en met die datum, bedrag, naam van Ouhout en die persoon se handtekening uitgeskryf. Na 'n maand het hy teruggegaan om die kas te ontvang en die verskil te betaal, net om uit te vind, die man het bedrog gepleeg en hy moes dit maar "afskryf"! Die Tak Bestuurder was baie arrogant en wou nie rede sien nie. Intussentyd het ek verneem dat hy wel iemand anders gehelp het, wat net in besit was van een bewys van 'n direkte bank inbetaling en verder geen ander kwitansies nie!! Ons was van plan om al ons kombuiskaste by hulle te koop, maat na dese wil ek hulle nie eens sien nie!! Die laaste reaksie wat ek van die Tak Bestuurder ontvang het, was 'n epos wat gesê het, "ons gaan nie die saak verder hanteer nie, di bewys is nie goed genoeg nie en ons sal verdere vrar van u prokureur antwoord." Ek gaan nie 'n Prokureur sien nie, maar ek gaan die saak wyd en syd versprei!!
