1 reviews | Active since Dec 2012
Slegste diens ooit!

Ons het by OTB Properties Secunda gehuur, so het ons toe 'n ander plek gekry. het kennis gegee soos die ****rak vereis, huur betaal soos gevra. met die deposito terug betaling is waar die probleme begin het.

Ons het die inspeksie gedoen waarby geen probleme aan my genoem is nie net om die volgende dag 'n oproep te ontvang waarby vir my vertel word ek moet my "act" agter mekaar kry!

So het ek toe 'n epos aan hoofkantoor gestuur in George wat toe vir die mense in Secunda gestuur is en ek toe weer n oproep ontvang oor die epos.

So is die deposito situasie toe nou uitgeklaar en met die staat het ek navraag gedoen waarby daar verf gedoen was op 'n gedeelte wat nie ons skuld of skade was nie want die plek was so aan ons gegee (geen inspeksie gedoen voor ons ingetrek is nie)

nou is dit al 'n week later en geen terugvoer van hoofkantoor af nie.

het deposito geld verloor wat aan my uitbetaal moes word, het bewyse op epos dat dit foute wat hulle noem daar was met die intrek.

dit is die slegste diens wat ek tot dusver van enige agentskap ontvang het. en sal ook seker maak om ander mense te waarsku hierteen, want nie net word die situasie nou geignoreer nie maar word mens ook persoonlik aangeval en gedreig! maar dan word daar gese mens word nie gedreig nie terwyl hulle in die selfde gesprek noem dat hulle die verhuurders ken by wie ons nou 'n eenheid huur.

dis bitter sleg, aan die begin het dit gelyk of mens net die beste diens kan ontvang maar duidelik was ons verkeerd gewees.

Pasop asb tog vir dit.