AM
Anchor M

1 reviews | Active since Mar 2020

24 Apr 2023, 13:47

Oranjakas - Beware!!!

Speel wanneer daar moet uit betaal word aan n boedel - pasop vir hulle! Ek verskaf hiermee meer besonderhede van die korrespondensie met die direksie van Oranjekas;- tenopsigte van die beleging by afsterwe van een van hulle kliente, nou sukel ons om die boedel aftehandle. 1. ‘n Brief is geskryf 18 Augustus 2022 waarin ons versoek dat die gelde uitbetaal word in die Nedbank boedel rekening en ons verskaf al die dokumente wat vereis word, ons kry geen antwoord nie; 2. Op 12 Oktober 2022 doen ons weer navrae, aangesien ons geen terugvoering het nie; 3. Op 7 November 2022 weer ‘n skriftelike navrae; 4. Op 23 Januarie 2023 ‘n brief word weer aan hulle gestuur, met al die dokumente aangesien hulle se hulle dit nie ontvang het nie; 5. Op 7 Februarie 2023 doen skrywer telefonies navraag; 6. Op 17 Februarie 2023 doen skrywer weer telefonies navraag, Jackie is afsiek en haar bestuurder is nie beskikbaar nie, geen terug voer nie; 7. Op 28 Maart 2023 weer ‘n skrywe met navraag; 8. Op 6 April 2023 tydens ‘n telfoon opwagting, word skrywer mee gedeel dat uitbetaling slegs sal geskied by die verval van die belegging; 9. Op 6 April 2023 weer ‘n navraag, en ons word meegedeel dat die direksie sal besluit op 17 April 2023; 10. Op 18 April 2023 ons word telefonies meegedeel dat die uitspraak nog nie beskikbaar is nie; 11. Op 20 April 2023 ‘n navraag oor die direksie se besluit, geen terug voering nie; Bly liewer weg

0
Replies (0)