1 reviews | Active since Mar 2009
Koshuis gelde terugbetaling
My kleindogter sou gaan verder leer in Potchefstroom. Aansoek is gedoen en sy het ook blyplek gekry. Net voor die datum wat hul sou begin (sy sou ook in die koshuis intrek) kry sy n sms dat sy nie toelating tot die universiteit kan kry nie. Die koshuisgelde is toe reeds betaal, R15300. (Deels, die res sou volg met maandlikse betalings) Natuurlik mag sy nou nie in die koshuis gaan bly nie, maar die kansellasie by die NWU vrywaar ons nie van die ****rak nie, wat volgens hulle, ons ten volle nou moet betaal. Hoe kan dit wettig wees? Ons is die universiteit geweier, sy kan nie verder gaan leer by hulle, (aanvaarbaar) maar sy sou in die koshuis gaan bly om te KAN LEER. Sy moet nog steeds die plek betaal, maar sy mag nie daar woon nie??? Hoe werk dit??? (onverstaanbaar). As jy nie op Universiteit is nie, mag jy nie in die koshuis bly nie. Aanvaar ons so, maar betaal dan ons geld terug asseblief.
