JB
Johan B

1 reviews | Active since Jul 2018

23 Nov 2022, 11:59

Sugar is really bad for your health.

My suiker storie. My suiker storie het in 1993 begin. Tot op daardie stadium was ek soos almal ‘n gewone verbruiker van suiker (rietsuiker). Ek is deel van ‘n klein gemeenskap wat onder andere geweldig bewus probeer wees van algemene gesondheid. Ons hele gemeenskap besluit toe om rietsuiker uit ons dieet te verwyder. In my eie geval was die eerste waarneming dat ek sonder om enigiets anders te verander in my dieet, ek 15 kg verloor het in 15 weke. Ek het myself nie as oorgewig bestempel nie, maar het tog so ‘n paar kilos saamgedra wat duidelik onnodig was. Die t****e waarneming het eers later gekom. Ek was maar gereeld siek met verkoue of griep, tipies so twee tot drie keer per jaar. Dit het dan gewoonlik twee tot drie weke geduur. Sedert die uits***eling van suiker het ek wel so drie keer siek geword maar dan was ek totaal oor dit bine twee tot drie dae. Vir die afgelope paar jaar (ek sou se sowat 12 jaar) was ek glad nie siek nie. In ons gemeenskap was daar op daardie stadium ‘n paar laerskool kinders (Ek tel 8 so vinnig) waarvan twee ernstige hiperaktiwiteit getoon het. Dit het totaal opgehou, sonder enige medikasie. In een geval het hierdie kind ongeveer drie uur per nag geslaap, die res van die tyd rondgahardloop en gespeel. Sy ouers wou hom nie op medikasie sit nie omdat die medikasie weer ander gesondheidsnadele inhou. Daardie selfde kind het iuntussen sy meestersgraad in ekologie behaal. Toe ek ‘n kind was was daar twee brandstowwe wat uit plantmateriaal vervaardig was. ‘Satmar’ was ‘n handelsnaam hier in die Transvaal, en ‘Union Cane Spirits’ in Natal. In beide gevalle was hierdie brandstowwe goedkoper as petrolium, maar toe ontstaan Sasol en beide hierdie brandstowwe uit hernubare bronne het toe ophou bestaan. Suiker kan baie maklik omges***el word in brandstof. Hoekom doen ons dit nie weer nie? Satmar was van mieliereste gemaak. Vroeg in die huidige eeu was daar ‘n artikel in een van die amerikaanse wetenskaplike tydskrifte, wat die gevare van suiker uiteengesit het. Die man wie se seun so baie hiperaktief was, is ‘n mediese praktisyn, en sy broer kom af op hierdie tydskrif in die CNA. Hy laat weet toe die dokter broer van die artikel en stel voor dat hy dit bekom. Die dokter stuur toe sy vrou om die tydskrif te koop, maar sy kry dit toe nie op die rak nie. Sy vra toe maar by die toonbank daarna, en word toe meegedeel dat Huletts elke eksemplaar in die land opgekoop het. Nouja of ‘n mens nou aan sameswerings teorie glo of nie, hierdie HET gebeur, sodat die publiek tog net nie moet agterkom hoe gevaarlik suiker eintlik is nie. Suiker is een van die mees verslawende middels op aarde. As jy my nie glo nie, probeer gerus om daarvan ontslae te raak. Dit behoort interessant te wees om te sien dat een of ander nagraadse student hierdie saak aanpak vir ‘n verhandeling, naamlik die gevare van suiker op algemene gesondheid, en baie spesifiek op die gesondheid van kinders.

0
Replies (0)