AJ
Anneline J

1 reviews | Active since Jun 2015

05 Mar 2025, 21:26

OMBUDSMAN OP TV

Hi, ek het vanaand op die TV se nuus gehoor van 'n dame van die Ombudsman waar sy gepraat het en gesê het dat hul op hierdie stadium R40,000000.00 (Veertig miljoen) sterk is en vir enige hulp van hulle is dit gratis. Toe ek op die webblad gaan om te hoor of hul my kan help met die bedrog op my ABSA bankrekening moes ek R 15.00 betaal om met 'n prokureur te gesels en daarna word daar dan maandeliks R 781.00 uit jou rekening getrek indien jy hul weer nodig kry. Dit is belaglik. As hul op TV sê dis gratis maar daar is 'n fooi daaraan verbonde wat is dan gratis. Nou moet 'n mens betaal om gehelp te word en dit is 'n klugspul om te sê alle advies of hulp is gratis. Baie dankie maar ek sal nooit weer gebruik kan maak van die Ombudsman as hul leuens op TV versprei nie.

0
Replies (0)