1 reviews | Active since Oct 2018
Slegte diens
Goeie dag. ek wil dit graag onder almal se aandag bring van die swak diens wat Old Mutual verskaf. Soos ons almal weet werk die personeel van die huis af net n paar is in die kantoor agv van Covid, Daar word duidelik gesê die operateurs werk van die huise af hulle neem oproepe, maar soos dit vi my lyk betaal ons hulle elke maand net om by die huis te wees. Ek het na n 3de oproep vanoggend 35 min aangehou en 1 dame het geantw. maar dit was by Group Scheems sy kon my nie help nie nadat iemad geantw het sonder om sy naam te sê en daar word my oproep net weer terug gesit op hou aan. Ek is nou raad op met Old Mutual ek wil hê my polis moet maar my geld uitkeer sodat ek dit by n ander maatskappy kan gaan belê waar ek dalk diens sal kry ek handel al 13 jaar met Old Mutual maar nou is dit klaar. wees maar versigtig vi hulle ek is seker daar is ander instellings wat ons n beter dies kan gee.
