MS
Madeleine S

1 reviews | Active since Nov 2017

16 Nov 2017, 13:38

Onbevoegbaarheid op uitbetaaling van polis van R200.00

Vir 7 maande lank is ek elke 3de week by Old Mutual se kantore.

Ek is aangestel as die eksekuteur van my pa se boedel wat al 7 jaar terug afgehandel is, om nou te sukkel met posstukke en in dien van dokumentasie om hom as dood te sertifiseer aan hulle kant en om die uitkeer van n polis te waarde van R200 af gehandel te kry.

Ek het al die dokumentasie 5 keer vanaf Old Mutual Upington deur gestuur na hul hoofkantoor, Old Mutual Trust Sellings, en elke maand word ek belas met dieselfde briewe waar dit nogsteeds bleik asof my pa nog lewe. Elke maand moet ek dieselfde dokumentasie inhandig en elke maand kom Old Mutual met verskoonings.

Dit is nou al so ver gevorder dat die personeel by Old Mutual Upington my nie meer met respek behandel en blameer my vir die foute.

Die volgende persone is bewus en dra kennis van die probleem: Mpho Stok Lacheye Isaacs Talita Isaacs Mellanashoke Alexander Iranchline Horniet

Weereens is dit vandag met my mee gedeel om al die dokumentasie weer deur te stuur en dat hul nie terugvoering kon gee weens hul nie my ****ak nommer gehad het nie, waar Old Mutual hoofkantoor my al voorheen ge****ak het op my persoonlike nommer.

Die saak veroorsaak baie ongerief en hartseer. Ek geen nie om oor die geld nie, maar die dood van my pa moet geregistreer word sodat ek nie meer die posstukke van Old Mutaul ontvang asof my pa nog lewe nie.

0
Replies (0)