<p>Is daar 'n ombudsman waar mens banke en versekeringsmaatskappye kan aankla? Old Mutual trek nou al die derde maand nadat ek hulle laat weet het ek het my huis verkoop, steeds my huiseienaarspolis se paaiement af - 'n aardige bedraggie!!! Hulle lam verskoning is dat Nedbank eers vir hulle 'n brief moet skryf om te sê hulle hou nie meer 'n verband op die huis nie. Nedbank se verskoning is dat hulle nie briewe skryf nie ... en nou sit ek vasgevang tussen die duiwel en die diepsee: die een beskuldig die ander; niemand wil verantwoordelikheid neem nie, albei is tipiese Suid-Afrikaanse besighede!!</p>
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.