ABDL
Adri Barlow De Lange

1 reviews | Active since Oct 2017

22 Oct 2017, 16:19

Waiting 1 hour for our sushi

Ek is gisteraand genooi vir ete by Wonderboom Junction se Ocean Basket. Wat n fiasko! Eerstens wag ons vir n voorgereg vir 40 minute, nadat ek navraag gedoen het waarom die bestelling so lank neem, kom die kelnerin agter dat sy nie die bestelling geplaas het nie. Die totale bestelling was om 6.35 vir die kelnerin gegee. Met die aankoms van die voorgereg is daar slegs een bord sushi voorberei. Die vloerbestuurder is nader geroep en uiteindelik is die ander bord voorberei. Die restaurantbestuurder het sy verskyning gemaak en net n arrogante houding aan ons vertel dat hul baie besig is. 13 tafels uit n totaal van 40 was beset. 30 minute na die voorgereg se borde verwyder is, moes ek weer navraag doen oor die hoofgereg. Skynbaar was dit oppad. 20 minute later het die hoofgereg sy verskyning gemaak. Ons het tweekeer gevra vir n houer/mandjie waarin die skulpdoppe ens gegooi kan word, maar dit het ook op dowe ore geval. Ons moes toe maar noodgedwonge die doppe ens op die tafel los. Nadat ek die bestuurder ingelig het dat ons reeds n "rating" op hul webtuiste gedoen het, het hy nederig onverskoning gevra en die sushi voorgereg van die rekening afgehaal. Nooit sal ek enige iemand aanbeveel om daar te gaan eet. Name and shame met n 0/10 "rating" vir Wonderboom Junction se Ocean Basket!

0
Replies (0)