BD
Bruce D

1 reviews | Active since Feb 2011

21 Oct 2015, 11:47

Julle breek my bottel prop ELKE keer.

Ek deel julle water vir my kliente gratis uit en die eerste keer wat ek my bottels vol gemaak het, het ek dit by die Ben Swart tak in die Moot gedoen. Daar het die dame vir my verduidelik dat die een bottel se prop is onbruikbaar beskadig en daarom gaan sy vir my n nuwe prop op moet sit en daarvoor charge. Die ander bottel se prop is nog perfek herbruikbaar en daarom sal sy daardie bottel weer met sy eie prop verseel. Toe ontdek ek 'n ander Oasis tak in Pretoria Noord en van toe af hervul ek my bottels daar. Vandag weer. Die afgelope 4 keer en vandag het die man vir my gese hy gaan nuwe proppe op my bottels MOET sit want hy moes my bestaande proppe afskeur om die bottel oop te kry. Watse gemors probeer die mannetjie aan my verkoop? Ek weet mos nou hoe die stelsel werk. En sal nie weer met die Pretoria Noord tak besigheid doen nie en eerder n entjie verder uit my pad uit ry om met mense te gaan besigheid doen wat my nie soos n sphincter probeer behandel en daardie ekstra R5 elke keer uit my uit probeer maak nie. As my prop beskadig was dan sou ek saam stem maar ek werk baie mooi met my bottels. Daardie tak bestaan net nie meer vir my nie en hy moet my water en sap aankope maar mis.

0
Replies (1)
Oasis Water
Oasis Water's reply21 Oct 2015, 17:01
Official
Hello chilipip,

Ons neem kennis van die inhoud van u skrywe en sal daar ondersoek ingestel word.

Daar sal weer binnekort met u gekorrespondeer word.

Vriendelike groete,
Oasis Water Hoofkantoor