1 reviews | Active since May 2012
NZ TEK ****
My report is in Afrikaans. If necessary, I can translate it.
It’s an email I sent to Mr Marius Swart (+27 (61) ***), who was indirectly involved with NZ TEK. I do not have an email for NZ TEK as they keep on changing the name. Mr Swart: *** AND ***
Mr Marius Swart has NZ TEK’s details.
Goeie dag Mnr Swart
Ek vertrou dit gaan goed met u.
Gesien in die lig daarvan dat my talle pleidooie, versoeke en e-posse duidelik op dowe ore geval het, en ek vandag weer R2 704 moes betaal vir iets wat ek nie wou gehad het nie, wil ek weer eens my grootste misnoë uitspreek oor die wyse waarop hierdie hele aangeleentheid hanteer is.
My e-pos van 30 Januarie 2020:
Ten spyte van boodskappe, e-posse en versoeke om hierdie saak te besleg, het daar nog niks gebeur nie..
Hier is sopas weer R320 afgetrek om julle stelsel te gebruik. Ek gebruik niks.
Ek het nie R5 000 gekry nie, ek gebruik nie die stelsel nie!
En niemand ****ak my ná my e-posse nie. Ek weet ook nie wie moet ek ****ak nie.
Die R30 000 is nou amper halfpad betaal maar van die 6 maande proefperiode om met die R5 000 te woeker, het dadels van gekom.
Ek het ook probeer om Mnr Marius Swart te kry om my te help, maar verniet.
Mnr Swart is deeglik bewus van alles. Ek het op sy aanbeveling nóg R2 000 betaal vir die kursus en niks in ruil gekry nie (R5 000 om mee te begin). Nie één dag op die JSE gehandel nie.
Dit het ‘n kwade dag geword dat ek sulke behandeling ontvang.
My mediese uitgawes sedert Mei 2019 het R103 000 beloop. En selfs dit beteken niks vir u maatskappy nie.
Vir wie moet ek ****ak om ten minste die R320 per maand te staak?
Ek gebruik niks en hoe gouer ek niks meer met u maatskappy te doen het, hoe beter.
Tot op hede het van my pogings om my situasie te verduidelik, duidelik dadels gekom.
Met die wêreldwye insinking van aandelemarkte as gevolg van Covid-19 het die JSE ook sekerlik deurgeloop. En daarmee saam ook heelparty maatskappye ... Indien NZ TEK ook skade gely het, kan ek u verseker ek gaan nie ‘n enkele traan stort nie.
Indien ek die geld gehad het, sou ek die uitstaande bedrag van die R30 000 ONMIDDELIK terugbetaal het om nooit weer iets met só ‘n maatskappy te doen te hê nie.
Ek vervloek die dag wat ek vir mooipraatjies geval het, en dat ek so laakbaar ingeloop is. En om my te laat betaal vir die handel op die JSE en ek het nie één enkele dag ‘n sent verhandel nie! En tot nou toe nie sprake van die gewaande R5 000 en 6 maande proeflopie nie ...
My oorlede ma het gesê: “Boontjie kry sy loontjie”.
NZ TEK se dag sal kom ...
Die uwe
Chris de Lange Mount Pleasant 43 Mount Pleasant Vyfdelaan 13 - 19 Fifth Ave Denneoord GEORGE 6530 Suid-Afrika/South Africa +***3 Vanaf my iPhone Xs gestuur Sent from my iPhone Xs
