1 reviews | Active since Dec 2016

03 Oct 2018, 15:57

PUIK DIENS BY NO MORE DEBT

Ek het 'n pad met No more debt gestap vir 4 jaar waarin ek meer as tevrede is. Die diens wat ek van hulle gekry het van die begin af was puik. Finansieël was ons so in diep water, dit het gevoel of ons net aanhoudend sink maar te danke aan No more debt se raadgewers is ek na 4 jaar nie net skuldvry nie maar ook die trotse eienaar van my eie voertuig reeds klaar betaal wat ek deur hulle goeie diens en bystand deur hulle kon koop. Indien daar 'n probleem was kon ek vir Brian ****ak binne of buite werksure en hy was altyd daar soos 'n goeie vriend en baie behulpsaam. Dankie No more debt personeel. Ek voel skoon hartseer dat ons verbinding nou tot 'n einde gekom het maar ek sal enige een aanraai om van julle diens gebruik te maak.

0
Replies (0)