MH
Marcel H

1 reviews | Active since Dec 2023

13 Dec 2023, 01:35

Na R250 operoep na Netwerk24.com is e-pos adres nog nie verander nie. Netwerk24.com vra premie oproep tarriewe om probleme uit te sorteer.

My 80 jarige ma het 'n nuwe epos adres, en sy het my gevra om haar e-pos adres by Netwerk24.com te verander sodat sy die koerant kan lees. Dit behoort 'n baie eenvoudige proses te wees. Jy behoort die epos adres net in haar profiel in die Netwerk24.com webwerf te kan verander. Dit was nie moontlik nie, en ek moes hulle kliëntediens ****ak. Na ongeveer 'n uur was die e-pos nog nie verander nie, en dit is nogsteeds 'n probleem. Netwerk24.com vra premie tarriewe om hulle per telefoon te ****ak. Die oproep het my ongeveer R250 gekos, en my ma se e-pos adres is nog nie reg gemaak nie. Nou ignoreer hulle ook opvolg e-posse om die probleem reg te maak. Waarom vra Netwerk24.com hulle kliënte premie tarriewe om hulle te ****ak om probleme uit te sorteer? ... veral as hulle e-pos boodskappe ignoreer en jou geen ander keuse gee nie? Netwerk24.com trek dus voordeel daaruit as hulle webwerf nie reg funksioneer nie, en hoe langer jy aan die lyn kan bly om die probleem uit te sorteer, hoe meer geld maak hulle met die premie tarriewe na hulle oproepsentrum.

0
Replies (0)