1 reviews | Active since Oct 2019
Naomi Hayward, voor**** berader
Ek stel julle vandag voor aan Naomi Hayward, 'n berader en intersessor wat reeds in vele lewens, lewensveranderende waarde toegevoeg het aan 'n medemens. Op hierdie wyse, maak sy van hierdie wêreld 'n beter plek. Die manier waarop sy gebroke mense optel en mentor tot ware restourasie en 'n positiewe identiteit, met 'n gevolglike waardige en sinvolle lewe wat daarop volg, getuig van ware omgee en die begeerte om elke medemens, as oorwinnaar uit hulle stryd te laat tree.
Naomi is 'n geregistreerde berader. Sy gee dus gemoedsrus aan haar pasiënte dat sy bevoeg is om volgens alle tersake owerhede, hierdie engel-werk te mag doen.
Daarom dat ek vandag hier op 'n openbare meduim, haar wil bedank vir dit wat sy reeds in vele menselewens gedoen het, en vir dit wat sy nog gaan doen. Deur haar tarief aan te pas as daar werklik fiskale nood is, reik sy ook uit na hulle wat andersins nie die geleentheid sou gehad het nie.
Ek vertrou dat guns haar van hier af sal volg en dat sy, wat op hede verskeie eie uitdagings beleef, ruim met geseën sal word vir die manier, waarop sy nie net as berader nie, maar as ware suster, haar roeping om heling te bring, met passie uitleef.
Naomi doen nie net berading nie, maar is ook gesout in voorhuwelikse begeleiding, sowel as die huweliksbevestiging.
Gaan reis dus deur haar webwerf by www.naomi.ebedim.co.za en beleef dieselfde genesing en daaglikse motivering, wat al vir so baie ander, tot heling en lewenswaarde-toevoeging was.
