1 reviews | Active since Apr 2025
Uitstekende diens en gasvryheid
Na n lang dag op die pad, dag 4 van ons "roadtrip", het ons onself vir n eerste besoek in VanRhynsdorp bevind. Besprekings was so op die pad gedoen en hier kon ons reeds die opregtheid en gasvrye gesindheid van die Lodge se personeel ervaar. Ons wooneenheid(selfversorgend) was netjies, ruim en skoon en het voldoen aan die behoefte van ons besoek hier. Dit was valentynsdag en die "special" ete beslis n treffer. Party sal verwys na dit as hoe dit moet wees, maar ons weet, opregtheid, omgee en harts-mense, doen dinge net anders, julle ook. Ons het daar en dan besluit om 2 nagte te vertoef en die dorp te verken. Geen oomblik was ons spyt oor die besluit. Aand etes, ontbyt en vriendelikheid het jul beslis in ons harte laat in kruip. Die mooiste kokerbome hier sal ons ook bybly. Jul span is kosbaar en dit is ons gebed dat jul geseend sal wees, voorspoedig en guns sal ontvang om voort dit te doen wat besoekers opgewonde maak. Dankie nogmaal. (Petro en Bertus)
