LS
Lizel S

1 reviews | Active since Sept 2023

08 Sept 2023, 15:56

Uiters swak diens by Naboom Dierekliniek

Naboom Dierekliniek - Ek het my honde daar laat groom. Toe die honde by die huis kom, is die een hond glad nie geskeer soos ons gevra het nie. Toe ek bel om te sê dat dit die geval is en daar was 2 mense, my pa en man, wat dit kon bevestig, sal die veearts my vertel dat hulle vir my jok en dat hulle(veearts) verseker nie verkeerd is nie. My een hond moes ook gesedeer word en na meer as 24 uur was hy nog steeds in 'n dwaal. Toe ek haar s***el om te sê dat ek bekommerd is oor die hond, was sy dadelik aanvallend en het net heeltyd gesê dat sy reggedoen het. Ek het opgewerk geraak en toe sê sy dat sy nie na hond gaan kyk nie omdat ek ongeskik is! Twee ander veeartse het bevestig dat sy nie genoeg wakker word goed ingespuit het nie en dat dit kan lei tot verswakte nier en lewerfunksie! Baie dankie Nylstroom Dierekliniek vir julle vriendelike diens, omgee vir my hond en verstaan! Ek sal enige inwoner van Naboom aanraai om maar die 40km tot by hulle te ry om die beste behandeling vir jou diere te kry!!

0
Replies (0)