1 reviews | Active since Aug 2016
VERSUIM OM GELD TERUG TE BETAAL WAT DUBBEL VERHAAL IS

Hiermee wil ek graag ‘n klagte indien oor die behandeling wat ek tans ontvang vanaf My Slimkind-span.

Ek is vir ongeveer 2 ½ jaar lid van My Slimkind.

Op 13-06-2016 het ek ‘n e-pos vanaf bogenoemde instansie ontvang (skrywe aangeheg) om my te versoek dat die bedrag van R768,00 op 15-06-2016 van my bankrekening verhaal gaan word – wat wel gebeur het, soos per Bankstaat (aangeheg).

Ek het aan hulle ‘n e-pos teruggestuur op die 24ste Junie 2016 (aangeheg) – waarin ek versoek het wanneer die pakkies afgelewer sou word en waarop ek geen antwoord ontvang het nie.

Op 29 Junie 2016 het ek telefonies met Lemise gepraat om haar mee te deel dat nog twee aparte betalings op 28-06-2016 van my rekening verhaal is, maar geen pakkies is nog uitgestuur nie – wanneer gaan dit gebeur en ek verwag van hulle om onmiddellik die R768,00 aan my terug te betaal. Sy het my meegedeel dat hulle hul databasis verander het en dalk kon die fout daar ingesluip het. Sy sou terugkom na my, maar het nie.

Op 30 Junie 2016 het ek weer ges***el en met René gepraat. Die storie aan haar verduidelik en het my laat weet dat die geld binne 8 dae terugbetaal sou word in my rekening.

Ons is met vakansie op 8 Julie 2016 en het weer ****ak gemaak met My Slimkind om die geld terug te betaal in my bank, want die 8 dae was verby en niks was terugbetaal, maar sonder sukses. Geen pakkies was ook uitgestuur nie.

Op 22 Julie 2016 het die Koerier my ges***el om te vra waar hy die een pakkie moes aflewer. Ek het op daardie stadium nog steeds niks van My Slimkind gehoor nie en was ook nie eers bewus van die pakkies wat afgelewer gaan word nie.

Op 26 Julie 2016 het ek weer ges***el en met Carmen gepraat oor die ander pakkie wat nog nie afgelewer is nie en ook dat ek my geld nou dringend terugbetaal wil hê. Sal terugkom, maar geen terugvoering.

Ek was weer terug van vakansie op 1 Augustus 2016 en het weer met oproepe begin, byna daagliks – gepraat met Lemise gedurende die week en het sy gesê dat die geld dadelik terugbetaal sou word.

Tot op datum is die volle bedrag PLUS rente nog nie terugbetaal nie en kan ek glad nie deurkom om per telefoon navraag te doen nie – hou aan met sê dat daar ‘n baie hoë volume navrae is en baie besige tyd wat gekies was om te s***el en e-posse wat ek deurstuur, kom net outomaties deur dat hulle ‘n baie hoë volume navrae het – hulle sal ****ak maak, maar niemand het nog teruggges***el nie.

Dit was al twee maande vandat die eerste bedrag afgetrek is en gaan dit ook nou al vir twee maande vandat die volgende twee aparte bedrae afgetrek is.

Ek het dringend hulp nodig asseblief, want kan nie sulke swak diens aanvaar nie en soek my geld soos in dadelik terug.

Baie dankie

Goeiedag Mev. Marais
Dankie dat jy die saak onder ons aandag bring. Ons vra om verskoning vir die frustrasie en ongerief veroorsaak.
Ons wil jou verseker dat die saak ernstig aandag gegee word.
Ons sal binnekort in ****ak met jou wees.
Vriendelike Groete
Die Myslimkind-Span
Goeiedag Mev. Marais
Dankie dat jy die saak onder ons aandag bring. Ons vra om verskoning vir die frustrasie en ongerief veroorsaak.
Ons wil jou verseker dat die saak ernstig aandag gegee word.
Ons sal binnekort in ****ak met jou wees.
Vriendelike Groete
Die Myslimkind-Span