MS
Mariki S

1 reviews | Active since Sept 2016

27 Sept 2016, 12:49

Uiters teleurstellend

Ek het op 22 Aug 2016 registreer by My slim kind, ek het tot 'n epos vanaf hul navrae epos adres gekry om te se dankie dat ek geregistreer het. Tot op hede het ek nog geen slim boks, of lidmaatskapnr ontvang wat hulle sou stuur volgens die epos nie, Na vele oproepe wat mens na hulle musiek vir tot 20 minute moet luister en niemand antwoord nie het ek 'n epos aan die navrae gestuur met my navrae. Steeds geen antwoord.

Op 21 Sept 2016 kom ek genadiglik deur na 'n operateur wat my slegs kan help met: jammer, die sisteem tel glad nie jou ID of telefoon nr op nie. Op die webwerf probeer ek weer registreer waar die dan my uitgooi en se jammer ek is reeds geregistreer op die sisteem.

Die operateur se sy sal vir my 'n aansoek vorm deur epos wat ek dan kan terugstuur en hulle sal my so kan registreer.

Wel. op 27 September wag ek steeds vir daardie epos om sy opwagting te maak.

Dit is 'n groot teleurstelling aangesien advertensies van My slim kind op elke moontlike gebied uitspring voor jou!!

NET jammer die diens is pateties

0
Replies (1)
Myslimkind
Myslimkind's reply28 Sept 2016, 13:03
Official

Goeie dag Mev Smit

Ons waardeer dat jy hierdie onder ons aandag gebring het.

Aanvaar asseblief ons opregte verskoning vir die ongrief en teleurstelling ervaar.

Soos telefonei met u bespreek, sal ons na twee vanmiddag met u ****ak maak om u te assisteer met die aansoek.

Vriendelike Groete
Die Myskimkind-Span