MV
Martie V

1 reviews | Active since Oct 2009

29 Aug 2016, 12:01

Swakste onder swakstes.

Ons het nou seker al drie pakkies ontvang van MySlimKind en ELKE aflewering was 'n probleem. Die laaste keer is egter nou besig om hand uit te ruk.

Die betaling was reeds gedoen op 13 Julie en tot op hede (amper 7 weke later) het ek nog geen pakkie ontvang of enige verduideliking oor wat aangaan nie.

Dit help nie om te probeer bel nie, want jy hou so lank aan (en betaal vir die aanhou) dat jy later maar moed opgee.

Om vir hulle e-pos te stuur help ook net mooi niks want jy kry ‘n antwoord terug van hoe belangrik jou epos is – en dan ignoreer hulle jou verder. Die automatiese antwoord sê dat hulle hoë volume e-posse ervaar – dit kan ek heeltemal verstaan!!

Ek het tot op hede vir hulle 9 e-posse gestuur en almal is geïgnoreer. Ek het gevra dat my lidmaatskap beëndig word – niemand het daarop gereageer nie. As hulle weer geld van my rekening aftrek gaan ek BAIE ongelukkig wees….

Ek begin wonder of hierdie mense besig is om onder te gaan of het hulle net geen idee van diens nie? Waarom praat hulle nie met hulle kliënte nie? Gaan ek nog my pakkie kry? Is my lidmaatskap beëindig? Waarom praat hulle nie met hulle kliënte nie?

0
Replies (2)
Myslimkind
Myslimkind's reply29 Aug 2016, 14:14
Official

Goeie dag Mev. Devries

Ons waardeer dat jy hierdie onder ons aandag gebring het.

Aanvaar asseblief ons opregte verskoning vir die ongrief en teleurstelling ervaar.

Laat ons asseblief die tyd om ondersoek in te stel en ons sal binnekort met jou in ****ak tree aangaande hierdie bestelling.

Vriendelike Groete
Die Myslimkind Span

MV
Martie V's update05 Sept 2016, 11:13
Reviewer Update

Na ek hierde klagte gelaai het, het iemand van My Slim Kind my bykans onmiddelik gebel en gesê hulle stuur dadelik die pakkie. Dis nou weer 'n week later en ek het (natuurlik) nog niks van hulle gehoor nie. Sy het ook gesê sy sal my lidmaatskap beeindig soos versoek en ek sal 'n epos ontvang - uiteraard nog niks ontvang nie...

Sy het gesê hulle het probleme gehad met die versending van die pakkies - iets wat ek verstaan, maar laat weet die kliënt net wat aangaan!!

En wat is hierdie keer die verskoning, wonder ek...?