AL
Anton L

1 reviews | Active since Jun 2012

10 Aug 2016, 08:18

SWAKSTE DIENS OOIT!

<p>Na n jaar van Slimbokse vir my 3 jarige het ek besluit om te kanseleer want ek kon regtig nie die waarde hierin sien nie. Die hoogtepunt is wanneer die boks afgelewer word en daarna le die die inhoud net die hele wereld vol. Ek het toe al die 25 ste Mei gevra deur e-mail en oproepe dat my rekening kanselleer. Ek het weer opgevolg en dit was bevestig dat my rekening toegemaak is. Sowaar op die 29 Julie Trek Myslimkind geld van my rekening af. Na 'n oproep word dit aan my bevestig dat dit 'n fout was en dat die aflewering gestop sal word en my geld binne 2 weke terug in my rekening sou wees. Nog geen terugbetaling reflekteer nie! Vanoggend kry ek 'n oproep dat die aflewering by my hek staan om my Slimboks af te lewer!</p> <p>Daar word vir my gese ek moet die pakkie aanvaar en daarvoor teken en dat dit nie teruggestuur kan word nie. Ek het geweier om dit te aanvaar. Myslimkind is besig om my te besteel en sonder my toestemming geld uit my rekening te vat! Julle is ***** en julle diens is heeltmal onaanvaarbaar. Die slegste diens wat ek nog ooit beleef het.</p>

0
Replies (2)
Myslimkind
Myslimkind's reply10 Aug 2016, 09:22
Official

Goeiedag Anton

Baie dankie vir die skrywe. Ons vra omverskoning vir die ongerief.

Een van ons konsultante sal binnekort in verbinding tree met jou aangaande jou versoek.

Vriendelike groete

Myslimkindspan

AL
Anton L's update29 Aug 2016, 13:16
Reviewer Update

Amper 3 weke later en geen aksie nie! Slegs 'n e-pos wat vra of ek my slimboks aanvaar het. Pateties!