EB
Elizna B

1 reviews | Active since Sept 2016

08 Sept 2016, 10:02

Swak diens

<p>Ek wou graag aansluit by My Slimkind omdat dit regtig vir my na iets ouliks gelyk het vir my 3 jarige seuntjie. Ek het sommer aanlyn aangesluit. Voor ek klaar was, wou ek teruggaan om my besonderhede te verander en dus toe dat ek glad nie verder kon aansluit nie. Ek het toe op 02.08.2016 vir hulle 'n epos gestuur en vertel wat gebeur het en of dit moontlik was dat hulle my kan help om aan te sluit. Ek het 'n automatic reply terug ontvang. Ek het geen verdere epos van hulle ontvang nie en het later die dag ges***el. 'n Agent het my gehelp en gese sodra ek my lidnr kry sal my debietorder afgaan en dan sal dit 3-5 dae neem voor ek my 1ste pakkie kry. Ek het toe eers die 10de Aug my lidnommer ontvang en daarna het my groot frustrasie begin. Ek het elke dag gebel om te hoor wanneer my debietorder dan nou afgaan aangesien ek gevra het dat dit sommer dadelik moet afgaan. Elke dag het die agent belowe dat sy sou kyk wat die probleem is en terugkom na my toe. Nodeloos om te se is dat hulle nooit teruggekom het nie en ek gereeld moes opvolg. Om van epos gebruik te maak het niks gehelp nie want jy kry die heeltyd net die automatic reply en niemand daarna wat terugkom nie en as ek bel moet ek so lank aanhou en hoop iemand antwoord. So het dit aangegaan - die heeltyd net 'n klomp lee beloftes en hoe jammer hulle is vir my probleem, hulle sal ingaan daarop en my laat weet. Dit het nooit gebeur nie. Einde laaste het ek maar moed opgegee en besluit dat ek dit net gaan los. Die hoeveelheid tyd wat ek al aan die saak gegee het, is net nie meer die moeite werd nie. Toe uit die bloute uit gaan my debietorder die 30ste af. Ek het gedink nou sal dit darem seker nie meer lank wees voor ek my pakkie ontvang nie. Maar hoe verkeerd was ek nie. Toe was dit eers 'n gesukkel om hulle in die hande te kry. Epos het nogsteeds nie gehelp en het hulle gisteroggend vir my gese dat my pakkie van die 4de af by die koeriers is en ek dit teen volgende Vrydag sal kry. Let wel hulle kantore is in Woodstock en my pakkie moet Parow Industria toe kom. In my lewe het ek nog nooit van 'n koerier gehoor wat so lank neem om 'n pakkie af te lewer nie. Ek het dadelik gevra om met haar supervisor te praat wat toe blykbaar besig was. Ek het aangedring dat die supervisor my dan binne 'n uur terugbel aangesien ek net mooi keelvol is vir hulle swak diens. 11h00 het gekom en gegaan. Ek het gistermiddag 16h00 weer gebel. Toe ek my lidnommer wou intik soos versoek word, het hulle gese daar bestaan nie so 'n lidnommer nie. Ek het weer gebel en gese ek is nog nie 'n lid nie en toe ek uiteindelik deurgaan na 'n agent toe het sy my meegedeel dat die supervisor reeds huistoe is. Neem kennis dat hulle kantore ure tot 17h00 is. Ek het weer die hele storie vir die agent verduidelik en daarop aangedring om my lidmaatskap dadelik te kanselleer en dat ek my geld terugsoek. Sy het toe soos hulle gewoonte blykbaar is hand en mond belowe om vandag voor 16h00 terug te kom na my toe om te se of my pakkie al uit is of nie daarna sal my lidmaatskap blykbaar gekanselleer word. Ek het my bedenkinge daaroor maar op hierdie stadium is ek so keelvol dat ek net so gou moontlik wil wegstap. Ek het in my lewe al baie met swak diens te doen gehad maar hierdie vat die koek. Ek sal My slimkind beslis vir niemand aanbeveel nie - daar is ander soortgelyke goedkoper instansies wat min of meer dieselfde verkoop en wat se diens glad nie so sleg is nie. Ek meen die agente doen nie eers moeite om terug te kom na jou toe nie , wat nog te se die supervisor. Dit sal my glad nie verbaas as ek vandag ook nog niks van hulle hoor nie. Julle produk mag dalk goed wees maar julle diens beslis nie. As jou diens sleg is help jou goeie produk niks nie. Verder kan ek net dink hoe 'n gesukkel dit gaan wees om nou weer my geld terug te kry - glad nie meer die tyd en geld werd nie</p>

0
Replies (1)
Myslimkind
Myslimkind's reply08 Sept 2016, 12:07
Official

Goeie dag Mev. Brand

Ons waardeer dat jy hierdie onder ons aandag gebring het.

Aanvaar asseblief ons opregte verskoning vir die ongrief en teleurstelling ervaar.

Laat ons asseblief die tyd om ondersoek in te stel en ons sal binnekort met jou in ****ak tree aangaande hierdie bestelling.

Vriendelike Groete
Die Myslimkind Span

Best regards,