1 reviews | Active since Oct 2024
WAARDERING AAN YAEESH MACKENZIE
"Ek wil vandag my grootste waardering uitspreek aan Yaeesh MacKenzie van My Debt Hero. Van die oomblik af wat ek die eerste keer met hom gepraat het, het ek geweet hierdie persoon verstaan my probleem en het hy my ook onmiddellik gerus gestel dat ek nie bekommerd hoef te wees oor énigiets nie en my belowe dat hy my sou help. Ek het hom talle kere via e-posse lastig geval en élke keer het hy my probleem verstaan en my daarmee gehelp en elke keer goeie raad gegee. Wanneer ek hom per e-pos ge****ak het, het ek élke keer onmiddellik terugvoer van hom gekry. Sy geduld was sonder perke. Hy het my deurentyd moed ingepraat en op hoogte gehou van alles wat ek moes weet en my verseker dat my probleem spoedig opgelos sal word. Ek kan nie in kort op hierdie wyse behóórlik reg laat geskied oor hoe goed hy vir my was nie. Hy is n fantastiese aanwins vir 'My Debt Hero' en ek wens hom nét die beste toe in die toekoms, want hy verdien dit."
Nogmaals báie dankie, Yaeesh. Wees geseënd!!
