1 reviews | Active since Mar 2024
Debt review
Baie ongelukkig met die diens. Hulle waarborg jou so baie dinge, tot jy geteken het dan verander hulle storie 100%. Mens sukkel verskriklik om hulle in die hande te kry. Hulle vat vreeslik lank om terug te kom na 'n mens toe. Ek het 'n summons gekry al in 2023 wat ek vir hulle deurgestuur het wat hulle gesê het die prokureurs sal dit uitsort maar dit was nooit gedoen en het 'n hele storie gehad waar hulle my een kar wou kom haal. Het 'n premie gekry wat ek moet betaal en nou wil hulle my premie verhoog want die een soek meer nadat hulle gesê het hulle gaan my mooi help. Ek verstaan daar is 'n finasiele reëls ens maar ek is onder debt review want my huis veral is met R5000 op in n jaar en my salaris gaan nie soveel op nie. Die bedrag wat gewaarborg is as die maandelikse premie is nie die bedrag nie. Hulle hou nie hulle kant van die saak nie!! Ek is sooooo spyt ek het die pad gekies maar ek het nie 'n ander keuse gehad. Hulle diens is nie so goed soos wat google sê. Mens gaan nie op debt review omdar mens wil nie. Mens wil al mens se skuld betaal maar as mens nie 'n keuse het en finansieel nie nou reg is wat kan mens doen. Ek is amper elke dag in ****ak met hulle veral die laaste 2 weke en dit help nie om nog verder te gaan. Mens is nou vas en moet net betaal.
