1 reviews | Active since Nov 2024
Ons het twee Juffrou Linky bokse bestel
Ons het twee Juffrou Linky bokse bestel. Die bokse het so mooi verpak gekom. Elke boks is met soveel liefde by mekaar gesit. Ons is so beïndruk met alles wat in die boks is. Ons sien vreeslik baie uit daarna om elke maand die avontuur boks te bestel. Mens kry beslis waarde vir jou geld. Daar is baie tyd en moeite in elke aktiwiteit se beplanning ingesit. As jy ook 'n Mamma is wat teveel dinge het om te doen en te min tyd het om te beplan aan aktiwiteite en idees is hierdie bokse perfek. Alles wat jy nodig het is in die boks en die aktiwiteite is baie mooi uiteengesit. Beste van alles is dat daar so baie goed in die boks is wat mens na die tyd weer en weer kan gebruik. Jou kinders kan oefen en speel vir baie lank.
