Mm
Marjoli marjoli.coetzee
1 reviews | Active since Aug 2024
28 Aug 2024, 15:37
Ek sien altyd die oulikste ontwikkelingspel aktiwiteite op sosiale media en wil dit dan graag met my kindertjies doen
Ek sien altyd die oulikste ontwikkelingspel aktiwiteite op sosiale media en wil dit dan graag met my kindertjies doen. MAAR ons bly op n plaas, ver van enige winkels met die nodige plakkers of stokkies of plastiek koppies of watokal. Dit kom dan op my stadslysie, maar is altyd die eerste goed wat uitgelaat word omdat daar nie tyd is om te gaan soek nie! My Avontuur boks maak dit vir my net so maklik deurdat al die dinkwerk gedoen is, en AL DIE MATERIALE wat daarmee gepaard gaan, klaar ingesluit is. Ek kan net gaan sit en kwaliteit tyd saam elkeen van my kinders spandeer, op hulle vlak en met gemak en gerustheid.
Helpful (0)
Replies (0)0
Replies (0)