DS
Dewald S

1 reviews | Active since May 2020

12 May 2020, 13:46

Teleurstellende Reaksie in tye van nood agv COVID19

Old Mutual Klag 2020 Klag oor Old Mutual se patetiese diens in tye van COVID19 lockdown. Ek is die afgelope meer as 10 jaar `n kliënt van Old Mutual. Ek was besig om verbetering aan my huis aan te bring deur my grasdak te vervang na `n plaatdak. Terwyl ons besig was, is die nasionale lockdown aangekondig en moes ons die werk onmiddelik staak. Op die stadium was die riet alreeds verwyder, en die dak kon dus nie voltooi word deur die plate op die sit nie. Die werk is onmiddelik gestaak en die dak was toegemaak met swart gunplus en het ons dus alles in ons vermoë gedoen om die oop ruimtes/dak ten volle te dek. Ongelukkig het ons oor die naweek reën en met wind gehad wat die gunplus losgeruk het en al die ceilingborde binne die huis beskadig het. Ons het dus `n eis ingedien aan Old Mutual versekering waarop hulle onmiddelik die eis verwerp het. Ons het toe `n t****e brief aan Old Mutual gerug en gevra of hulle dit in heroorweging will neem om net ons hand te vat deur `n gedeelte van die eis te dek waar ons die res van die kostes self sal dra, waarop hulle volstrek geweier het en verwys het na fynskrif op die polis. Stel u voor die diepe teleurstelling in Old Mutual dat ons daar en dan besluit het om alla bande met hulle te verbreek. Na 11 jaar se versekering ten opsigte van my motor waar ek elke maand my premies stiptelik betaal het, is dit die diens wat ek van hulle nou kry. Ons het dus besluit om die volgende te doen: 1. Dat ons alle bande met Old Mutual verbreek. 2. Die produkte in die vorm van anniteite ens probeer stop 3. Dat ons poog om nie weer in die toekoms met Old Mutual enige besigheid te doen nie Ons is uiters teleurgesteld in die manier hoe Old Mutual die saak hanteer het en summier verwerp het, en dat hulle geen menslikheid getoon het in sulke buitengewone omstandighede nie. Ons verstaan dat die fynskrif in die polis daar vir `n rede is, maar dit is nie normale omstandighede nie en die COVID19 virus is `n pandemie wat baie mense se lewens negatief beinvloed het en vir so `n groot maatskappy soos Old Mutual wat nie eers `n helpende hand wil by sit nie is dit baie teleurstellend, die gevoel is net nie reg om aan te hou met so `n besigheidsverhouding nie. Vat julle nie eers die feit dat ek `n klient is met meer as een van julle produkte met meer as 10 jaar in ag nie.

Dankie

0
Replies (0)