JK
Jean K

1 reviews | Active since Nov 2014

01 Jan 2020, 10:22

Vrae oor julle Mecer UPS sagteware.

Môre. Julle maatskappy, Mustek Ltd., vervaardig die Mecer UPS (Uninterruptible Power Supply) wat 'n mens by winkels kan koop. Ek gebruik julle Mecer brand UPS al vir baie lank want ek dink julle produkte is baie goed. As 'n mens die Mecer UPS koop, dan kry 'n mens sagteware saam met die UPS wat 'n mens op 'n rekenaar moet installeer wat vir die UPS in staat stel om met die rekenaar te "praat". Die sagteware wat julle vir julle Mecer UPS gebruik maak gebruik van Adobe Flash Player. Volgens die maatskappye, Google en Adobe, het Adobe Flash Player sy einde bereik wat beteken dat Adobe Flash Player binnekort nie meer beskikbaar gaan wees nie. Verwys asseblief na die volgende 2 web site vir meer inligting: https://www.blog.google/products/chrome/saying-goodbye-flash-chrome en https://theblog.adobe.com/adobe-flash-update . Gaan julle maatskappy, Mustek, nuwe sagteware vir julle UPS stelsels ontwikkel? Hoe kan mense of maatskappye die nuwe weergawe van julle UPS sagteware in die hande kry nadat julle 'n nuwe weergawe ontwikkel het? Kan jy asseblief die boodskap na iemand toe stuur wat te doen het met die ontwikkeling van die sagteware vir julle Mecer UPS stelsels. Laat asseblief weet. Dankie en groete.

0
Replies (0)