1 reviews | Active since Sept 2016
HIGH FIVE FOR NELLY!!!
Ons was gister by Musica N1 Stad. Daar was 'n dame wat gesit-lê het en by navraag oor CD's gesê het hulle het dit nie en dat die sisteem af is. Net dit. Sy het op geen manier probeer van hulp wees nie. 'n Ander dame het die gesprek gehoor en uit haar eie uit (ook met 'n af sisteem) reguit na die CD's gestap en uitgehaal wat ons gesoek het. Die wat sy nie kon kry nie, het sy aangebied om ons te ****ak sodra die sisteem weer aangaan, wat sy toe wel gedoen het. Sy het uit haar pad gegaan om te help en haar woord gehou en terug gebel. Van die CD's wat die eerste dame net gesê het hulle het nie, was toe wel in voorraad. Ek wil dit onder hul HOOFbestuur se aandag bring, sodat hulle weet watse goeie diens sy lewer. Haar naam is Nelly.
